Mnr. Ockert Oosthuizen, voormalige skoolhoof Laerskool Panorama
Volgens sy dogter, Elsamarie Riekert, is hy op 21 Augustus aan hartversaking oorlede. Mnr. Oosthuizen het die leisels by die skool van Januarie 1982 tot Desember 2001 gehou. Ná sy aftrede het hy en sy vrou, Elsie, nog ’n ruk in Witbank aangebly voordat hulle Pretoria toe verhuis het. Hulle het die afgelope 12 jaar in die Protea Aftreeoord gewoon.
Hy laat Elsie, en hul kinders, Elsamarie, Ronel le Roux en Ockie Oosthuizen, asook ses kleinkinders agter.

