meneer Pikkie Hermann van Hoër Tegnies
Sy vrou, Ulrike, het gesê hy is skielik aan ’n hartaanval by hul huis oorlede.
Kort nadat die skool die nuus op hul sosiale media geplaas het, het medelye ingestroom. Kollegas, leerders en oudleerders het talle mooi herinneringe gedeel.
Meneer Pikkie se bekende groet, ‘Hallo, julle mooi mense’, sal nooit vergeet word nie.


